Deel van die Microsoft Windows 10-familie | ||
Ontwikkelaar | ||
---|---|---|
Microsoft Corporation | ||
Vrystellings | ||
Aanvanklike vrystelling | 20 November 2015 | |
Voorskouweergawe | 10.0.10586.107 (10 Februarie 2016) | |
Platforms wat ondersteun word | 32 bis ARMv8, ARMv7, IA-32 | |
Voorafgegaan deur | Windows Phone 8.1 | |
Ondersteuningstatus | ||
Hoofstroomondersteuning tot en met 10 Desember 2019 | ||
Verdere leesstof |
Windows 10 Mobile is 'n mobiele bedryfstelsel wat deur Microsoft as voortsetting van sy Windows Phone-produklyn en opvolger van Windows Phone 8.1 ontwikkel is. Dit is ontwerp vir slimfone en klein tabletrekenaars met skerms van minder as agt duim. As deel van Microsoft se plan om die verskillende Windows-platforms tot een gemeenskaplike bedryfstelsel saam te smelt, word Windows 10 Mobile as 'n weergawe van Windows 10, Microsoft se bedryfstelsel vir persoonlike rekenaars, bemark.
So is Windows 10 Mobile se mikpunt om versoenbaar met sy eweknie vir persoonlike rekenaars te wees, insluitende uitgebreide sinchronisasie van inhoud, 'n nuwe universele platform wat die gebruik van een en dieselfde toepassing op verskillende Windows 10-toestelle soos persoonlike rekenaars, mobiele en Xbox-toestelle moontlik maak. Bepaalde mobiele toestelle sal met 'n eksterne skerm, muis en sleutelbord verbind kan word.
Microsoft het daarnaas werktuie ontwikkel waarmee programmeerders bepaalde toepassings van Apple se mobiele bedryfstelsel iOS maklik vir gebruik op Windows 10-toestelle sal kan aanpas.